Lukas 14:16-24

Lukas 14:16-24 AFR20

Toe sê Jesus vir hom: “'n Man het 'n groot feesmaal gehou en baie mense uitgenooi. Toe dit tyd was vir die feesmaal, stuur hy sy slaaf om vir die genooides te sê, ‘Kom, alles is gereed!’ Maar een ná die ander het almal verskonings begin aanbied. Die eerste een het vir hom gesê, ‘Ek het 'n stuk grond gekoop, en dit is noodsaaklik dat ek daarna gaan kyk. Ek vra u, verskoon my tog.’ 'n Ander een het gesê, ‘Ek het vyf paar osse gekoop, en ek gaan hulle uittoets. Ek vra u, verskoon my tog.’ Nog 'n ander een het gesê, ‘Ek is pas getroud, en daarom kan ek nie kom nie.’ Met sy terugkeer het die slaaf hierdie dinge aan sy eienaar gerapporteer. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy slaaf gesê, ‘Gaan dadelik uit in die strate en stegies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.’ En die slaaf het kom sê, ‘Meneer, die opdrag wat u gegee het, is uitgevoer, en daar is nog plek.’ Toe sê die eienaar vir die slaaf, ‘Gaan uit na die paaie en lanings, en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word. Want ek verseker julle, nie een van daardie mense wat aanvanklik genooi is, sal hulle mond aan my feesmaal sit nie.’ ”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 14:16-24