Lukas 14:11-14

Lukas 14:11-14 AFR20

Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.” Jesus het ook vir die man wat Hom genooi het, gesê: “Wanneer jy 'n ligte ete of 'n groot maaltyd gee, moenie jou vriende of broers of familie of ryk bure nooi, met die doel dat hulle jou weer op hulle beurt uitnooi, en jy dan vergoed word nie. Nee, wanneer jy 'n feesmaal aanbied, nooi die armes, kreupeles, verlamdes, en blindes. Dan sal jy gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou mee te vergoed nie; want jy sal beloon word by die opstanding van die •regverdiges. ”