LUKAS 14:11-14

LUKAS 14:11-14 NLV

want die hoogmoediges sal verneder word, maar die nederiges sal vereer word.” Toe draai Hy na sy gasheer. “Wanneer jy ’n middag- of aandete gee,” het Hy gesê, “moenie jou vriende, broers, familie en ryk bure nooi nie. Want hulle sal jou beloon deur jou terug te nooi. Nooi liewer die armes, kreupeles, verlamdes en blindes. Jy sal geseënd wees, want by die opstanding van die godvresendes sal God jou beloon omdat jy hulle wat jou nie kon beloon nie, genooi het.”