Lukas 10:1-12

Lukas 10:1-12 AFR20

Hierna het die Here nog twee-en-sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek. Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Daarom moet julle bid tot die Here, aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Gaan nou! Kyk, Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in. “ Moenie 'n beursie of 'n reissak of sandale saamdra nie, en moet niemand langs die pad groet nie. Watter huis julle ook al binnegaan, sê eers, ‘Vrede vir hierdie huis!’ As daar 'n vredeliewende mens woon, sal julle vrede op hom rus, anders sal dit na julle terugkeer. Bly in dieselfde huis, terwyl julle eet en drink wat hulle aanbied, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis rondtrek nie. As julle in 'n dorp kom en die mense verwelkom julle, eet wat aan julle voorgesit word. Maak die siekes wat daar is, gesond en sê vir hulle, ‘Vir julle is die •koninkryk van God op hande.’ Maar as julle in 'n dorp kom waar hulle julle nie verwelkom nie, gaan dan uit in die strate en sê, ‘Selfs die stof van julle dorp wat aan ons voete kleef, vee ons af as aanklag teen julle. Maar dit moet julle weet: Die koninkryk van God is op hande!’ Ek sê vir julle: Vir die mense van Sodom sal dit op daardie dag draagliker wees as vir daardie dorp.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 10:1-12

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid