Josua 9:1-6

Josua 9:1-6 AFR20

Toe al die konings wat anderkant die Jordaan was, dit hoor – in die bergland, die Sjefela, en langs die hele kus van die Groot See tot teen die Libanon; dit is die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete – het hulle byeengekom en eenparig besluit om teen Josua en Israel te veg. Maar toe die inwoners van Gibeon hoor wat Josua aan Jerigo en Ai gedoen het, het hulle op hulle beurt slinks opgetree: Hulle het gegaan en vir hulle padkos voorberei, en hulle het verslete saalkleedjies vir hulle donkies en wyn in verslete leersakke, wat gebars en toegewerk was, saamgeneem. Daar was verslete en gelapte sandale aan hulle voete, en die klere aan hulle was ook verslete. Al die brood van hulle padkos was droog; dit het krummels geword. Hulle het na Josua in die kamp by Gilgal gegaan, en vir hom en die manne van Israel gesê: “Ons kom van 'n baie ver land; sluit daarom nou met ons 'n verdrag.”