Al die konings wes van die Jordaan het hiervan gehoor. Dit was die konings van die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Hulle het in die heuwelgebied, in die laagland en aan die kus van die Middellandse See tot so ver noord as die Libanonberge gebly. Hulle het ’n verdrag met mekaar gesluit om teen Josua en die Israeliete te veg. Ook die inwoners van Gibeon het gehoor wat Josua met Jerigo en Ai gedoen het. Hulle het toe ’n slim plan gemaak. Hulle het mense na Josua gestuur. Die mense het verslete saalsakke oor hulle donkies gegooi en verslete wynsakke saamgevat wat geskeur en weer toegewerk was. Hulle het ou gelapte sandale en verslete klere aangetrek. Hulle het ou brood vir padkos saamgevat. Hulle het by Josua in die kamp by Gilgal aangekom en vir hom en die Israeliete gesê: “Ons kom van ’n ver land af. Ons wil graag met julle ’n verdrag sluit.”
Lees JOSUA 9
Luister na JOSUA 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOSUA 9:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's