Jona 3:4-6

Jona 3:4-6 AFR20

Jona het begin om die stad binne te gaan, 'n dag se loop ver. Hy het uitgeroep: “Nog net veertig dae, dan word Nineve verwoes!” Die mense van Nineve het toe in God geglo en 'n vasdag uitgeroep, en hulle het almal, belangrik en onbelangrik, rouklere aangetrek. Toe die berig die koning van Nineve bereik, het hy van sy troon af opgestaan, sy koningsmantel afgegooi, 'n roukleed omgehang en in die stof gaan sit.