Job 8

8
Bildad se eerste betoog
1 Bildad uit Suag het hierop gereageer en gesê:
2“Hoe lank nog gaan jy hierdie dinge beweer?
Die woorde van jou mond is bloot 'n groot klomp wind.
3 Sal God die reg verdraai,
of sal die Almagtige
geregtigheid verdraai?
4 As jou kinders teen Hom gesondig het,
het Hy hulle aan hulle oortreding oorgelaat.
5 As jy self God egter ywerig soek
en by die Almagtige pleit;
6as jy onbesproke en opreg is,
ja, dan sal Hy oor jou waak,
dan sal Hy jou regmatige verblyf herstel.
7En al was jou verlede gering,
sal jou toekoms baie voorspoedig wees.
8“ Ja, gaan doen maar navraag
by die vorige geslag;
stel vas wat hulle voorouers
reeds noukeurig ondersoek het.
9Ons is immers van gister
en ons weet niks nie;
ja, ons lewensdae is net 'n skaduwee op aarde.
10Sal húlle jou nie onderrig nie,
met jou praat nie,
uit hulle harte argumente aanvoer nie?
11Sal papirus hoog groei
waar daar nie 'n moeras is nie?
Sal oewergras gedy
waar daar nie water is nie?
12 Dit is nog besig om te groei,
is nog nie gesny nie,
dan verwelk dit al –
voor al die ander grasse.
13 So loop die paaie van almal
wat van God vergeet:
Die hoop van die godloses gaan tot niet –
14 hy wat sy hoop vestig op dun spinnerakdrade,
wat in 'n spinnerak sy vertroue stel.
15 As hy teen sy huis leun,
bly dit nie staan nie;
as hy daaraan vasgryp,
hou dit nie stand nie.
16Hy is 'n plant vol sap in die son,
sy ranke brei uit deur sy tuin.
17Sy wortels raak vervleg met kliphope,
hy is op die uitkyk vir 'n tuiste van klip.
18As hy uit sy plek gepluk word,
verloën sy plek hom met,
‘Ek het jou nie gesien nie.’
19 Kyk, dit is die vreugde van sy lewenspad,
en uit die grond spruit daar 'n ander een.
20“Kyk, God verwerp nie iemand
wat onberispelik optree nie;
Hy versterk nie die hand van kwaaddoeners nie.
21Hy sal weer jou mond vul met gelag,
jou lippe met 'n vreugdekreet.
22Hulle wat jou haat,
sal met skande bedek wees;
en die tentwoning van die goddeloses
sal nie meer daar wees nie.”

Tans Gekies:

Job 8: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid