Job het die HERE geantwoord; hy het gesê: “ Ek weet dat U alles kan vermag, dat geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. Wie is die een wat 'n plan verberg, terwyl hy geen kennis het nie? Daarom het ek, sonder begrip, ja, sonder kennis, my mening gegee oor dinge wat vir my te wonderbaar is. Luister, en ek sal praat! U het gesê, ‘Ek sal jou ondervra, lig jy My dan in!’ Op hoorsê het ek van U verneem, maar nou het my oog U gesien. Daarom herroep ek dit, en het ek berou – in stof en as.” Nadat die HERE hierdie woorde vir Job gesê het, het die HERE vir Elifas uit Teman gesê: “My toorn het ontbrand teen jou en jou twee vriende; want julle het nie, soos my dienskneg Job, gesê wat reg is oor My nie. Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, gaan na my dienskneg Job, en bring ter wille van julleself 'n •brandoffer. My dienskneg Job moet vir julle bid, dat Ek julle nie iets onbehoorliks aandoen nie. Ek sal net teenoor hóm goedgesind wees, want julle het nie, soos my dienskneg Job, gesê wat reg is oor My nie.” Elifas uit Teman, Bildad uit Suag, en Sofar uit Naäma, het toe gegaan en gedoen wat die HERE vir hulle gesê het, en die HERE was Job goedgesind. Die HERE het Job se lot verander toe hy vir sy vriende gebid het. Die HERE het alles wat Job besit het, vermeerder – dubbeld soveel.
Lees Job 42
Deel
Vergelyk alle weergawes: Job 42:1-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's