Job 39:4-15

Job 39:4-15 AFR20

“Ken jy die tyd wanneer klipbokke lam? Het jy dit al aanskou wanneer rooitakbokooie lammers voortbring? Tel jy die maande wat hulle dragtig is; ken jy die tyd wanneer hulle lam? Hulle hurk en bring hulle lammers voort; hulle laat hulle ongebore nageslag vry. Hulle lammers word sterk, groei op in die oop veld, gaan weg en kom nie weer na hulle terug nie. “ Wie het die wildedonkie vry laat rondloop? Die stroppe van die wilde-esel, wie het dit losgemaak, die een vir wie Ek die Araba as sy tuiste bestem het, en brak grond as sy verblyfplekke? Hy lag vir die rumoer van die stad; die geskreeu van 'n drywer hoor hy nie. Hy verken die berge vir weiding; hy soek alles wat groen is. “Sal die buffel instem om vir jou te werk, of sal hy by jou voerkrip oornag? Kan jy 'n buffel bind aan 'n ploegvoor met sy leiriem, of sal hy die leegtes wat agter jou lê, eg? Kan jy hom vertrou, terwyl sy krag so groot is, of aan hom jou swaar verdiende oes oorlaat? Vertrou jy hom dat hy sal terugkom met jou graan, en dit op jou dorsvloer sal bymekaarmaak?