Een van sy dissipels, Andreas, die broer van Simon •Petrus, sê vir Hom: “Hier is 'n seun wat vyf garsbrode en twee visse het, maar wat is dit vir so baie mense?” Jesus het gesê: “Laat die mense sit.” Daar was baie gras op die plek. Toe het die mans gaan sit – hulle was ongeveer vyfduisend in getal. Toe het Jesus die brode geneem, en nadat Hy die seëngebed uitgespreek het, het Hy dit laat uitdeel aan dié wat daar gesit het, en ook van die visse laat uitdeel, soveel as hulle wou hê. En toe almal versadig was, sê Hy vir sy dissipels: “Maak die brokstukke bymekaar wat oorgebly het, sodat niks vermors word nie.” Hulle het dit toe bymekaargemaak, en twaalf mandjies volgemaak met die brokstukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat hulle klaar geëet het.
Lees Johannes 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: Johannes 6:8-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's