Johannes 19:1-3

Johannes 19:1-3 AFR20

Toe het •Pilatus Jesus geneem en Hom laat gesel. Die soldate het 'n kroon van doringtakkies gevleg en dit op sy kop gesit. Hulle het ook 'n purperrooi mantel vir Hom omgehang en na Hom gegaan en aangehou sê: “Gegroet, koning van die Jode!” En hulle het Hom herhaaldelik geklap.