JOHANNES 19:1-3
JOHANNES 19:1-3 Die Boodskap (DB)
Pilatus sê toe vir sy soldate om Jesus met die sweep met stukkies yster in oor sy rug te slaan. Die soldate het nie op hulle laat wag nie. Hulle het sommer ook takkies gevat wat skerp dorings aan gehad het, ’n kroon daarmee gevleg en dit op sy kop gedruk. Hulle het ook ’n pers mantel oor Hom gegooi sodat Hy kamma soos ’n koning aangetrek was. Hulle het Hom begin spot. Hulle het kastig eerbiedig nader na Hom toe gekom en Hom dan ewe ernstig soos ’n koning gegroet. En dan het hulle Hom weer geklap.
JOHANNES 19:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het Pilatus Jesus geneem en Hom laat gésel. En die soldate het ’n kroon van dorings gevleg en dit op Jesus se kop gesit. Hulle het ook vir Hom ’n pers kleed aangetrek, op Hom afgestorm en gesê: “Gegroet, Koning van die Jode!” Hulle het Hom aanhoudend met die vuis geslaan.
JOHANNES 19:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Toe het Pilatus vir die soldate gesê hulle moet vir Jesus met 'n sweep slaan. Die soldate het 'n kroon van dorings gevleg en hulle het dit op Jesus se kop gesit. Hulle het vir Jesus pers klere aangetrek. Toe het hulle weer en weer na Hom toe geloop en gesê: “Ons groet jou, Koning van die Jode!” Elke maal het hulle Hom geklap.
JOHANNES 19:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE neem Pilatus dan vir Jesus en laat Hom gésel. En die soldate het 'n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en 'n purper kleed om Hom gewerp en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle het Hom in die aangesig geslaan.
JOHANNES 19:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het Pilatus vir Jesus geneem en Hom laat gesel. Die soldate het 'n doringkroon gevleg en dit op sy kop gesit. Hulle het vir Hom 'n pers mantel aangetrek en herhaaldelik nader na Hom toe gekom en gesê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” En elke keer het hulle Hom geklap.
JOHANNES 19:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het •Pilatus Jesus geneem en Hom laat gesel. Die soldate het 'n kroon van doringtakkies gevleg en dit op sy kop gesit. Hulle het ook 'n purperrooi mantel vir Hom omgehang en na Hom gegaan en aangehou sê: “Gegroet, koning van die Jode!” En hulle het Hom herhaaldelik geklap.
JOHANNES 19:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pilatus het toe vir Jesus geneem en Hom gegésel. En die soldate het 'n doringkroon gevleg en dit op sy hoof gesit, en hulle het hom 'n purper kleed aangetrek, en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! en hulle het hom met hul hande geslaan.