Johannes 19:1-3

Johannes 19:1-3 ABA

Toe het Pilatus vir die soldate gesê hulle moet vir Jesus met 'n sweep slaan. Die soldate het 'n kroon van dorings gevleg en hulle het dit op Jesus se kop gesit. Hulle het vir Jesus pers klere aangetrek. Toe het hulle weer en weer na Hom toe geloop en gesê: “Ons groet jou, Koning van die Jode!” Elke maal het hulle Hom geklap.