Hoewel Jesus so baie tekens in hulle teenwoordigheid gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie, sodat die woord wat die profeet Jesaja uitgespreek het, vervul kon word: “Here, wie het ons boodskap geglo? En die arm van die Here, aan wie is dit geopenbaar?” Hulle kon nie tot geloof kom nie, want Jesaja het ook gesê: “Hy het hulle oë verblind en hulle harte verhard sodat hulle nie met hulle oë kon sien en met hulle harte kon verstaan en kon terugdraai, en Ek hulle genees nie.” Dit het Jesaja gesê, omdat hy sy heerlikheid gesien en oor Hom gepraat het. Nogtans het ook baie van hulle leiers in Hom begin glo, maar vanweë die •Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die •sinagoge geban sou word nie. Hulle het immers die eer van mense meer liefgehad as die eer van God. Jesus het uitgeroep en gesê: “Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het! En wie My sien, sien Hom wat My gestuur het. Ek het as 'n lig na die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand my woorde hoor en dit nie bewaar nie, veroordeel Ek hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te verlos. Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het iets wat hom veroordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom op die laaste dag veroordeel. Ek het immers nie uit my eie gepraat nie, maar die Vader wat My gestuur het, het self vir My 'n opdrag gegee oor wat Ek moet sê en wat Ek moet verkondig. En Ek weet dat sy opdrag die ewige lewe is. Wat Ek dus sê, sê Ek presies net soos die Vader dit vir My gesê het. ”
Lees Johannes 12
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Johannes 12:37-50
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's