En wanneer julle vermeerder en vrugbaar is in die land in daardie dae,” is die uitspraak van die HERE, “sal hulle nie meer sê, ‘Die ark van die HERE se verbond!’ nie. Dit sal trouens nie eers in hulle gedagte opkom nie. Hulle sal nie daaraan dink of dit mis nie. Dit sal ook nie weer gemaak word nie. In daardie tyd sal hulle Jerusalem “die troon van die HERE” noem. By haar sal al die nasies byeenkom ter wille van die Naam van die HERE, ter wille van Jerusalem. Hulle sal nie langer die verstoktheid van hulle bose harte volg nie.
Lees Jeremia 3
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Jeremia 3:16-17
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's