Jeremia 22:13-17

Jeremia 22:13-17 AFR20

“ ‘ “ Wee hom wat sy huis herbou met onreg, en sy bokamers met onregverdigheid, wat sy medemens verniet laat werk en nie sy loon vir hom gee nie, wat sê, ‘Ek bou vir my 'n ruim paleis met lugtige bokamers;’ en dan vir hom sy vensters uitbreek, wat oorgetrek word met sederhout, helderrooi gekleur. Is jy 'n koning omdat jy meeding in die gebruik van sederhout? Jou vader, het hy nie maar net geëet en gedrink, en reg en geregtigheid beoefen nie? Toe het dit met hom goed gegaan. Hy het die reg van magteloses en behoeftiges gehandhaaf – toe het dit goed gegaan. Is dit nie wat dit is om My te ken nie?” ’ is die uitspraak van die HERE. “Maar jou oë en jou hart is gerig op niks anders as jou onregverdige wins nie, en op die bloed van die onskuldige – om dit te vergiet, en op onderdrukking en afpersing – om dit uit te voer.