Jeremia 17:5-8

Jeremia 17:5-8 AFR20

So sê die HERE: “Vervloek is die man wat op mense vertrou, wat in mense sy krag vind, maar sy hart draai van die HERE weg. Hy sal wees soos 'n jenewerstruik in die Araba; hy sal dit nie opmerk wanneer die goeie kom nie. Hy sal tuis wees op dor plekke in die woestyn, op brak grond waar niemand woon nie. Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, wie se vertroue die HERE is. Hy sal wees soos 'n boom wat geplant is langs water, wat sy wortels uitstoot na die voor. Hy merk nie eers op dat die hitte kom nie; sy blare bly groen. In 'n jaar van droogte raak hy nie angstig nie, en hy hou nie op om vrugte te dra nie.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Jeremia 17:5-8