JEREMIA 17:5-8

JEREMIA 17:5-8 NLV

Die HERE sê: “Daar rus ’n vloek op dié wat hulle vertroue stel in gewone mense, en nie op die HERE vertrou nie. Hulle is soos bossies in die woestyn met geen vooruitsig vir die toekoms nie. Hulle sal woon in ’n verskroeide woestyn, op soutvlaktes waar niemand kan oorleef nie. “Maar gelukkig is dié mense wat op die HERE vertrou en hulle verwagting in Hom stel. Hulle is soos bome wat langs ’n rivier staan. Hulle wortels reik diep tot by die water. Hitte bedreig hulle nie, en hulle blare bly groen. Lang maande van droogte pla hulle ook nie. Hulle hou nie op om vrugte te dra nie.

Gratis leesplanne en oordenkings oor JEREMIA 17:5-8