Rigters 6:37-40

Rigters 6:37-40 AFR20

kyk, ek sit 'n pasgeskeerde vag op die dorsvloer; as daar net op die vag dou is, maar al die grond is droog, sal ek weet dat U Israel deur my toedoen gaan verlos, soos U gesê het.” Dit was toe so: Toe hy vroeg die volgende oggend die vag uitwring, het hy 'n kom vol water uit die vag gepers. Toe sê Gideon vir God: “Laat u toorn tog nie teen my ontbrand nie. Ek wil net nog een keer praat. Ek wil asseblief net nog 'n keer met die vag 'n toets doen. Laat dit tog net op die vag droog wees, terwyl daar oral op die grond dou is.” God het dit daardie nag so gedoen: Dit was net op die vag droog, terwyl daar oral op die grond dou was.