RIGTERS 6:37-40
RIGTERS 6:37-40 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal 'n skaap se wol oopgooi op die dorsvloer. As daar net op die wol dou is en die grond is droog, dan sal ek weet U wil my gebruik om die Israeliete te red, soos U gesê het.” Dit het toe gebeur. Toe Gideon die volgende oggend opstaan en die dou uit die wol druk, het daar 'n skottel vol water uit die wol gekom. Maar Gideon het vir God gesê: “U moenie kwaad word vir my nie, ek wil nog een maal iets vra, ek wil U nog een maal toets met die wol. U moet die wol droog laat bly, en môre-oggend moet die dou op die grond wees.” God het dit daardie nag so gedoen. Die wol was droog, en daar was dou op die grond.
RIGTERS 6:37-40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ek sal die wolvlies op die dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies dou is, terwyl die grond oral droog is, dan sal ek weet dat U deur my hand Israel wil verlos soos U gespreek het. En dit was so: toe hy die volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die dou uit die vlies uitgedruk, 'n kom vol water. Toe het Gídeon met God gespreek: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies 'n proef neem: laat dit op die vlies alleen droog wees terwyl daar op die grond oral dou is. En die HERE het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.
RIGTERS 6:36-40 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gideon het vir God gesê: “Ek sal weet dat U deur my vir Israel wil red soos U beloof het, as ek 'n stukkie vlieswol op die dorsvloer sit en daar kom dou op die wol terwyl die grond droog bly.” En dit het toe gebeur: toe Gideon die volgende môre opstaan, het hy die stukkie wol uitgedraai en dou daaruit gedruk, 'n hele kom vol water. Toe sê hy vir God: “Moet asseblief nie vir my kwaad word nie! Ek wil nog 'n keer iets vra. Laat my tog net nog een toets met die vlieswol toe: net die wol moet droog wees, terwyl daar oral op die grond dou is.” Daardie nag het God dit so laat gebeur: net die wol was droog en oral op die grond was daar dou.
RIGTERS 6:37-40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
kyk, ek sit 'n pasgeskeerde vag op die dorsvloer; as daar net op die vag dou is, maar al die grond is droog, sal ek weet dat U Israel deur my toedoen gaan verlos, soos U gesê het.” Dit was toe so: Toe hy vroeg die volgende oggend die vag uitwring, het hy 'n kom vol water uit die vag gepers. Toe sê Gideon vir God: “Laat u toorn tog nie teen my ontbrand nie. Ek wil net nog een keer praat. Ek wil asseblief net nog 'n keer met die vag 'n toets doen. Laat dit tog net op die vag droog wees, terwyl daar oral op die grond dou is.” God het dit daardie nag so gedoen: Dit was net op die vag droog, terwyl daar oral op die grond dou was.
RIGTERS 6:37-40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, Ek sal 'n vlies van wol op die vloer sit; en as die dou net op die vlies is en dit droog word op die hele aarde daarbuite, dan sal Ek weet dat U Israel deur my hand sal verlos, soos U gesê het. En dit was so: want hy het die volgende dag vroeg opgestaan en die vlies saamgestoot en die dou uit die vlies gewring, 'n bak vol water. Toe sê Gideon vir God: Laat u toorn nie teen my ontvlam nie, en ek sal net hierdie een keer spreek; laat my tog toets, maar hierdie een keer met die vlies; laat dit nou net droog word op die vlies, en op die hele grond moet daar dou wees. En God het daardie nag so gedoen, want dit was droog op die vlies alleen, en daar was dou op die hele grond.
RIGTERS 6:36-40 Die Boodskap (DB)
Toe sê Gideon vir God: “As U my regtig gaan gebruik om Israel te verlos soos U belowe het, bewys dit vir my. Ek sit hierdie stukke wolmat op die dorsvloer neer. As die mat môre nat is van die dou en die grond rondom is droog, sal ek weet dat U my gaan help soos U belowe het.” Dit is presies wat gebeur het. Toe Gideon die volgende môre opstaan en die mat uitdroog, het hy ’n hele skottel vol water uitgedruk. Toe sê Gideon vir God: “Moet asseblief nie vir my kwaad word nie, maar ek wil graag nog een keer ’n guns vra. Kan ek vra dat die mat hierdie keer droog bly en die grond rondom nat van die dou moet wees?” Daardie nag het God gedoen wat Gideon gevra het. Die volgende môre was die mat kurkdroog, maar die grond was nat gedou.
RIGTERS 6:37-40 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek sal vannag ’n stuk wol op die dorsvloer los. As daar dou op die wol kom, maar die grond rondom bly droog, sal ek weet dat U my wil gebruik om die Israeliete te bevry.” Dit het so gebeur. Gideon het die volgende môre vroeg opgestaan. Hy het die wol uitgedruk en ’n hele bak vol water daaruit gewring. Toe sê hy vir God: “Moenie ongeduldig met my word nie. Kan ek nog net een keer vra. Laat die wol hierdie keer droog wees, terwyl die grond rondom vol dou is.” God het dit daardie nag net so laat gebeur. Die wol was droog, maar die grond rondom was vol dou.