Rigters 6:37-40

Rigters 6:37-40 ABA

Ek sal 'n skaap se wol oopgooi op die dorsvloer. As daar net op die wol dou is en die grond is droog, dan sal ek weet U wil my gebruik om die Israeliete te red, soos U gesê het.” Dit het toe gebeur. Toe Gideon die volgende oggend opstaan en die dou uit die wol druk, het daar 'n skottel vol water uit die wol gekom. Maar Gideon het vir God gesê: “U moenie kwaad word vir my nie, ek wil nog een maal iets vra, ek wil U nog een maal toets met die wol. U moet die wol droog laat bly, en môre-oggend moet die dou op die grond wees.” God het dit daardie nag so gedoen. Die wol was droog, en daar was dou op die grond.