Jesaja 63:1-6

Jesaja 63:1-6 AFR20

Wie is dit wat daar uit Edom kom, met helderrooi klere uit Bosra, Hy wat 'n glansryke bokleed dra, wat keldermeester is in die volheid van sy krag? “Ek is die Een wat in geregtigheid spreek – magtig om te verlos.” Waarom is u bokleed rooi, waarom is u klere soos dié van iemand wat druiwe trap in die wynpers? “ Die kuip het Ek alleen getrap; van al die volke was daar niemand by My nie. In my toorn het Ek hulle aanhou trap, hulle fyngetrap in my woede. Hulle lewensbloed het op my klere gespat; my hele uitrusting het Ek besoedel. Want Ek het 'n dag van wraak in gedagte gehad; die jaar van my bloedwraak het aangebreek. Ek het rondgekyk, maar daar was geen helper nie. Ek was verslae – daar was niemand wat ondersteuning bied nie. My voorarm het My tot hulp gekom, my woede, dit het My ondersteun. Ek het volke vertrap in my toorn, hulle dronk gemaak in my woede. Ek het hulle lewensbloed op die grond laat uitloop.”