Jesaja 6:11-13

Jesaja 6:11-13 AFR20

Daarop vra ek: “Tot wanneer, my Heer?” Hy het geantwoord: “Totdat die dorpe vervalle lê sonder inwoners, die huise sonder mense is, die land verval tot 'n woesteny, en die HERE die mense ver wegdryf, en die verlatenheid in die land groot is. As daar nog 'n tiende in die land is, sal die land weer aan verwoesting uitgelewer wees. Tog sal by hulle 'n stomp oorbly, soos van 'n •terebintboom en 'n eikeboom wanneer hulle neergevel is. Die stomp van die land is 'n heilige geslag. ”