Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor ons sondeskuld. Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing. Ons almal het soos kleinvee gedwaal, elkeen van ons het sy eie koers ingeslaan; maar die HERE het ons almal se sondeskuld op hom laat neerkom. Hy is mishandel, maar hy het hom daaraan onderwerp en nie sy mond oopgemaak nie – soos 'n skaap wat ter slagting gebring word, soos 'n ooi wat voor haar skeerders stom is. Hy het sy mond nie oopgemaak nie. Ná onderdrukking en 'n vonnis is hy weggeneem; en sy lot, wie dink daaroor na? Ja, hy is afgesny van die land van die lewendes; vanweë die oortreding van sy volk het die slae hom getref. Hulle het vir hom sy graf by goddeloses gegee, en by 'n ryke was hy in sy dood, alhoewel hy nie geweld gepleeg het, en bedrog nie in sy mond was nie. Maar die HERE het verkies om hom te verbrysel; Hy het hom siek gemaak. As sy lewe dien as 'n skuldoffer, sal hy 'n nageslag sien en lank leef. Wat die HERE wil hê, sal deur sy hand suksesvol wees. Ná die swaarkry wat hy beleef het, sal hy sien; hy sal versadig wees aan sy kennis.
Lees Jesaja 53
Deel
Vergelyk alle weergawes: Jesaja 53:5-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's