Jesaja 43:14-21

Jesaja 43:14-21 AFR20

So sê die HERE, julle losser, die Heilige van Israel: “Ter wille van julle stuur Ek iemand na Babel; Ek laat vlugtelinge ondergaan, almal van hulle, die Galdeërs, op die skepe waaroor hulle jubel. Ek is die HERE, julle Heilige, die Skepper van Israel, julle Koning.” So sê die HERE, wat in die see 'n pad maak, 'n deurgang in die magtige waters, wat strydwaens en perde laat opruk, 'n leërmag, ja, 'n magtige een – saam lê hulle daar, hulle staan nie op nie; hulle is geblus, soos 'n lamppit uitgedoof – “ Moenie dinge van vroeër in herinnering roep nie; op vorige gebeure moet julle nie die aandag vestig nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit gaan nou uitspruit. Kan julle dit nie besef nie? Selfs in die woestyn sal Ek 'n pad maak, in die wildernis riviere. Die wilde diere sal My eer, die jakkalse en steenuile, omdat Ek water in die woestyn, ja, riviere in die wildernis gee, om my uitverkore volk te laat drink. Die volk wat Ek vir my gevorm het – my lof sal hulle verkondig.