Jesaja 26:20-21

Jesaja 26:20-21 AFR20

Gaan, my volk, gaan in jou binnekamers in, en sluit jou deure agter jou toe! Kruip 'n kort rukkie weg, totdat die vervloeking verbygegaan het! Want kyk, die HERE gaan uit sy woonplek kom om van die bewoners van die aarde rekenskap te eis oor sondeskuld. Die grond sal die bloed daarop onthul, en nie langer hulle wat daarop gedood is, bedek nie.