Hosea 9:10-17

Hosea 9:10-17 AFR20

“ Soos druiwe in die woestyn het Ek Israel gevind. Soos die voorvye aan 'n vyeboom in sy eerste drag het Ek julle voorouers gesien. Maar hulle het by Baäl-Peor aangekom, hulleself aan die skandelike afgod gewy, en net so walglik geword soos dit waarvoor hulle lief is. “ Efraim, soos 'n voël sal hulle aansien wegvlieg – daar sal geen geboorte, geen swangerskap en geen bevrugting wees nie. Selfs as hulle hulle kinders grootmaak, sal Ek hulle kinderloos maak; geen mens sal oorbly nie. Ja, wee hulle ook as Ek My aan hulle onttrek. “ Efraim, ek het hom gesien as 'n jong palm geplant in 'n weiveld. Maar Efraim sal sy kinders moet uitlewer aan 'n moordenaar.” Gee vir hulle, HERE, wat U wil gee; gee vir hulle kinderlose moederskote en verskrompelde borste. “ Al hulle boosheid het in Gilgal begin, ja, daar het Ek 'n weersin in hulle gekry. Oor die boosheid van hulle dade gaan Ek hulle uit my huis verdryf; Ek sal hulle nie verder liefhê nie. Al hulle leiers is opstandig. “Efraim is getref, hulle wortels het verdroog, hulle sal nie enige vrug dra nie. Selfs as hulle kinders verwek, sal Ek dit wat so waardevol is in hulle moederskoot, ombring.” My God verwerp hulle, omdat hulle nie na Hom geluister het nie. Hulle sal swerwers wees onder die nasies.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Hosea 9:10-17