Hosea 12:2-9

Hosea 12:2-9 AFR20

Efraim pas die wind op, hy loop heeldag agter die oostewind aan. Al wat hy vermeerder, is leuens en verwoesting. Met Assirië sluit hulle 'n verdrag, maar olie word na Egipte gestuur.” Die HERE het 'n regsaak teen Juda, en Hy gaan Jakob tot verantwoording roep oor sy optrede; Hy gaan hom vergeld volgens sy dade. In die moederskoot het hy al sy broer aan die hakskeen vasgehou, en in sy manlike krag het hy met God geworstel. Hy het met die Engel geworstel en het oorwin; want hy het gehuil en Hom om genade gesmeek: “By Bet-El sal Hy hom ontmoet, daar sal Hy met ons praat. Die HERE, die God van alle magte, HERE is sy gedenknaam.” Maar jy, na jou God moet jy terugkeer. Lê jou toe op troue liefde en wat reg is, en wag altyddeur op jou God. “ Kanaän – in sy hand is daar 'n vals weegskaal; hy hou daarvan om uit te buit. Efraim sê, ‘Ja, ek het ryk geword; ek het self welvarend geword. Alles wat ek met moeite verkry het – niks kan gevind word wat as sondeskuld teen my gehou word, wat as 'n oortreding geld nie.’

Gratis leesplanne en oordenkings oor Hosea 12:2-9