Ons wat tot geloof gekom het, gaan immers wel die rus in – soos Hy gesê het, “So het Ek in my toorn gesweer, ‘Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!’ ” al was God se werke reeds vanaf die grondlegging van die wêreld afgehandel. Hy het immers êrens aangaande die sewende dag gesê: “God het op die sewende dag van al sy werke gerus.” En in hierdie gedeelte sê Hy weer: “Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!” Aangesien dit dan bly staan dat sommige wel daar sal ingaan – hoewel hulle wat eerste die goeie boodskap gehoor het, vanweë ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie – bepaal Hy weer 'n sekere dag, dit is “vandag”, wanneer Hy baie later, soos hierbo reeds genoem, deur Dawid sê: “Vandag, as julle sy stem hoor, moenie julle harte verhard nie!” As Josua hulle dan tot rus gebring het, sou Hy nie gepraat het van 'n ander dag daarna nie. Daar bly dus steeds 'n sabbatsrus oor vir die volk van God. Want wie in sy rus ingegaan het, het self ook gerus van sy werke – soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand dalk in dieselfde patroon van ongehoorsaamheid verval nie. Want die woord van God is lewend en kragtig, en skerper as enige tweesnydende swaard. Dit dring deur tot by die raakpunt tussen siel en gees, tussen gewrig en murg, en beoordeel die hart se voornemens en gedagtes. Ja, niks wat geskape is, is vir Hom verborge nie, maar alles is oop en bloot voor sy oë, Hom teenoor wie ons ons moet verantwoord.
Lees Hebreërs 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 4:3-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's