HEBREËRS 4:3-13

HEBREËRS 4:3-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Ons wat tot geloof gekom het, gaan immers wel die rus in – soos Hy gesê het, “So het Ek in my toorn gesweer, ‘Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!’ ” al was God se werke reeds vanaf die grondlegging van die wêreld afgehandel. Hy het immers êrens aangaande die sewende dag gesê: “God het op die sewende dag van al sy werke gerus.” En in hierdie gedeelte sê Hy weer: “Hulle sal beslis nie in my rus ingaan nie!” Aangesien dit dan bly staan dat sommige wel daar sal ingaan – hoewel hulle wat eerste die goeie boodskap gehoor het, vanweë ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie – bepaal Hy weer 'n sekere dag, dit is “vandag”, wanneer Hy baie later, soos hierbo reeds genoem, deur Dawid sê: “Vandag, as julle sy stem hoor, moenie julle harte verhard nie!” As Josua hulle dan tot rus gebring het, sou Hy nie gepraat het van 'n ander dag daarna nie. Daar bly dus steeds 'n sabbatsrus oor vir die volk van God. Want wie in sy rus ingegaan het, het self ook gerus van sy werke – soos God van syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand dalk in dieselfde patroon van ongehoorsaamheid verval nie. Want die woord van God is lewend en kragtig, en skerper as enige tweesnydende swaard. Dit dring deur tot by die raakpunt tussen siel en gees, tussen gewrig en murg, en beoordeel die hart se voornemens en gedagtes. Ja, niks wat geskape is, is vir Hom verborge nie, maar alles is oop en bloot voor sy oë, Hom teenoor wie ons ons moet verantwoord.

HEBREËRS 4:3-13 Die Boodskap (DB)

Dit is net ons wat op God vertrou en sy boodskap glo wat eendag vir ewig saam met God sal rus. God self het mos gesê: “Dit het My kwaad gemaak en daarom het Ek gesê: ‘Hulle sal nooit voel hoe dit is om vir ewig saam met My te rus nie.’ En Ek sal nooit van plan verander nie.” Hierdie plek waar ons vir ewig saam met God sal rus, is lankal klaar, want alles wat God gedoen het, het Hy klaargemaak toe Hy die wêreld gemaak het. Iewers staan mos oor die sewende dag geskryf: “Op die sewende dag het God gerus toe Hy al sy werk klaar gedoen het.” Maar daar staan tegelyk ook dat mense wat nie na God wou luister nie, nie vir ewig saam met God sal rus nie. Hoe moet ons dié twee uitsprake verstaan? Twee dinge staan vas: daar is nog mense wat vir ewig saam met God sal gaan rus, maar daar is ook mense wat nie vir ewig saam met God sal rus nie. Dit is daardie mense wat wel God se boodskap gehoor het, maar nie wou doen wat Hy van hulle gevra het nie. Maar God het die mense nog ’n kans gegee. Daarom het Hy nog ’n dag, wat Hy “vandag” noem, gegee. Hy het lank daarna weer deur Dawid daaroor gepraat: “Vandag, as julle God met julle hoor praat, moet julle Hom nie ignoreer nie.” Hierdie rus wat God aan mense beloof het, is nie die rus wat Josua vir die Israeliete gegee het toe hy hulle in Kanaän ingelei het nie. Dan sou God mos nie jare later deur Dawid weer van ’n ander dag (die “vandag”) gepraat het nie. Vir God se mense wag daar dus ’n spesiale rus soos God op die sewende dag gerus het. Iemand wat vir ewig saam met God sal rus, sal net soos God rus nadat Hy alles gemaak het. Ons moet nie die voorbeeld van die ou Israeliete volg en by God in die moeilikheid beland soos hulle nie. Hulle wou mos nie na God luister nie. Ons moet egter ons uiterste bes probeer om seker te maak dat ons vir ewig saam met God sal gaan rus. Wat God sê, is nie maar net dooie woorde nie. Nee, wat Hy sê, gebeur en daar is geen keer aan nie. Sy woorde is ook nie oppervlakkig nie. Soos ’n skerp mes diep kan sny, so sny dít wat God sê tot diep binne-in jou: ja, tot daar waar jy gedink het jy dinge kan wegsteek. Wat jy dink en hoe jy oor dinge voel, kom alles onder die soeklig van wat God sê. Jy sal nie kan wegkom nie. God weet alles wat in die wêreld aangaan. Net mooi niks kan vir Hom weggesteek word nie. Hy sien en weet alles asof dit voor Hom op ’n tafel uitgepak is. So sal ons ook voor Hom moet staan en antwoorde gee oor wat in ons lewe aangaan.

HEBREËRS 4:3-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Want net as ons glo, kan ons die rus binnegaan. Ten opsigte van hulle wat nie geglo het nie, het God egter gesê: “Daarom het Ek in my toorn met ’n eed soos volg verklaar: ‘Hulle sal nooit my land van rus binnegaan nie.’” Dit is ten spyte van die feit dat God se rusplek alreeds gereed staan van die skepping van die wêreld af. Ons weet dit is so, want die Skrif sê êrens van die sewende dag: “En God het op die sewende dag gerus van alles wat Hy gemaak het.” In die ander gedeelte sê Hy weer: “Hulle sal nooit my land van rus binnegaan nie.” God se plek van rus is dus beskikbaar, maar dié wat destyds die goeie tyding ontvang het, kon as gevolg van hulle ongeloof nie daar ingaan nie. Gevolglik het God weer ’n dag bepaal om sy rus binne te kan gaan. Daardie dag is vandag. God het dit aansienlik later deur Dawid aangekondig, naamlik: “Vandag wanneer julle sy stem hoor, moet julle nie julle harte verhard nie.” Hierdie nuwe rusplek was nie die land Kanaän waarheen Josua die Israeliete gelei het nie. Anders sou God nie later van ’n ander plek van rus gepraat het nie. Daar wag dus nog ’n heel spesiale rus vir God se volk. Want almal wat in hierdie rus van God ingaan, sal self rus van hulle moeitevolle arbeid, soos God ook van sy eie skeppingswerk gerus het. Kom ons span dan alles in om daardie rus binne te gaan sodat niemand van ons dalk hulle slegte voorbeeld van ongehoorsaamheid volg en ook omkom nie. Die woord van God is vol lewenskrag en energie. Dit is skerper as ’n swaard wat twee skerp kante het. Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese, tot in ons gewrigte en murg. Dit vlek ons diepste motiewe en oorwegings oop. Voor God kan absoluut niks weggesteek word nie. Ons staan kaalgestroop en weerloos voor dié Een aan Wie ons verantwoording moet doen.

HEBREËRS 4:3-13 Bybel vir almal (ABA)

Want ons wat glo, gaan in die land in waar ons veilig kan woon en kan rus. Die Here het gesê: Ek was kwaad en Ek het gesê: So seker soos Ek lewe, hulle sal nie kom in die land waar Ek hulle veilig wou laat woon en laat rus nie. God het dit nie gesê omdat Hy nie vir hulle rus kan gee nie. God kan vir mense rus gee, Hy rus self vandat Hy die wêreld gemaak het. Want God het gepraat oor die sewende dag en Hy het gesê: “ God het op die sewende dag gerus, Hy het nie gewerk nie.” En ons lees ook dat God sê: “ Hulle sal nie kom in die land waar Ek hulle veilig wou laat woon en laat rus nie.” Die mense wat voorheen die goeie boodskap gehoor het dat God vir hulle rus sal gee, het nie ingegaan in die plek waar hulle kan rus soos God vir hulle belowe het nie. Hulle het nie ingegaan nie omdat hulle ongehoorsaam was. Maar party mense sal kan ingaan in die plek waar hulle veilig kan wees en kan rus, soos God belowe het. Daarom het God besluit dat daar weer 'n dag sal wees wat Hy “Vandag” noem. Dit het gebeur toe Dawid lank hierna gepraat het oor die dinge waaroor ek nou geskryf het. Dawid het gesê: Vandag, wanneer julle luister na wat God sê, dan moet julle nie hardkoppig wees nie. Want as Josua die volk gebring het in 'n land waar hulle veilig kan woon en kan rus, dan sou God nie later gepraat het van 'n ander dag nie. Daarom sal die volk van God nog kom in die land waar hulle veilig kan woon en kan rus, soos hulle op die Sabbatdag rus. Want wanneer God iemand laat rus, dan werk die persoon nie meer nie, soos God gerus het toe Hy klaar gewerk het. Daarom moet ons hard probeer om daardie rus by God te kry, sodat niemand van ons so ongehoorsaam sal wees soos Israel was nie. Want die boodskap van God is nie woorde wat dood is en niks beteken nie, dit kan werk en dinge doen. Dit is skerper as die skerpste swaard, dit kan diep oopsny, tot by 'n mens se lewe en gees, tot by sy murg en die bene in sy liggaam. Dit kan sien wat is reg en wat is verkeerd wanneer 'n mens dink en graag dinge wil doen. En God kan almal en alles sien, niemand kan iets wegsteek vir Hom nie, Hy sien alles presies soos dit is. Ons moet vir God alles verduidelik wat ons gedoen het.

HEBREËRS 4:3-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

Ons wat glo, gaan wel in die rus in, maar hulle nie, soos God gesê het: “Toe het Ek in my toorn 'n eed afgelê: In my rus sal hulle beslis nie ingaan nie.” En tog was sy werk ná die skepping van die wêreld reeds afgehandel, want êrens in die Skrif word van die sewende dag dit gesê: “En God het op die sewende dag gerus van al sy werk,” terwyl hier weer gesê word: “In my rus sal hulle beslis nie ingaan nie.” Dié wat vroeër die blye boodskap gehoor het, het dus vanweë hulle ongehoorsaamheid nie in sy rus ingegaan nie, maar vir sommige bly die moontlikheid bestaan om weer in sy rus in te gaan. God het immers weer 'n dag bepaal, naamlik “vandag”, wanneer Hy, soos reeds voorheen aangehaal, soveel later by monde van Dawid sê: “Vandag, as julle sy stem hoor, moet julle nie hardkoppig wees nie.” As Josua hulle in die rus laat ingaan het, sou God nie daarná nog van 'n ander dag gepraat het nie. Daar wag dus nog steeds 'n sabbatsrus vir die volk van God, want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne. Laat ons ons dan beywer om in daardie rus in te gaan, sodat niemand hulle voorbeeld van ongehoorsaamheid navolg en ook omkom nie. Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.