Want Hy het die komende wêreld waarvan ons praat, nie aan engele onderwerp nie. Maar iewers het iemand dit uitdruklik bevestig en gesê: “Wat is die mens dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U na hom omsien? U het hom vir 'n kort rukkie minder as engele gemaak, en hom met heerlikheid en eer gekroon; U het alles onder sy voete gestel. ” Deur alles aan hom te onderwerp, het Hy immers niks oorgeslaan wat nie aan hom onderwerp is nie. Nou sien ons egter nog nie dat alles aan hom onderwerp is nie. Maar ons sien Jesus, met heerlikheid en eer gekroon, Hy wat deur sy lyding tot in die dood vir 'n kort rukkie minder as die engele gemaak is, sodat Hy, deur God se genade, ter wille van almal die dood sou ervaar. Dit was immers gepas dat Hy, vir en deur wie alles bestaan, ten einde baie kinders tot heerlikheid te lei, die Leidsman van hulle verlossing deur lyding tot volmaaktheid sou bring.
Lees Hebreërs 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Hebreërs 2:5-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's