God het ook nie aan engele die beheer van die toekomstige wêreld waarvan ons praat, toevertrou nie. Inteendeel, iemand het êrens soos volg getuig: “Wat is die mens dat U aan hom sou dink, ’n mensekind dat U aan hom sou aandag gee? Vir ’n klein rukkie het U hom minder gemaak as die engele; U het hom met heerlikheid en eer gekroon. U het alles onder sy beheer geplaas.” Wanneer die Skrif sê “alles” is onder die mens se beheer geplaas, beteken dit werklik álles. Tog sien ons nou nog glad nie dat alles reeds onder die mens se beheer is nie. Maar ons sien wel vir Jésus. Vir “’n klein rukkie” is Hý “minder gemaak as die engele”, maar nou is Hy “met heerlikheid en eer gekroon” omdat Hy vir ons die doodslyding deurgemaak het. Ja, Hy het deur God se genade vir elke mens gesterf. God – wat alles gemaak het en op wie alles gerig is – wou baie mense deel laat kry aan die heerlikheid. Daarom was dit net gepas dat Hy hulle Voorganger – naamlik Jesus wat vir hulle die pad tot verlossing sou oopmaak – deur lyding volkome vir sy taak gereedmaak.
Lees HEBREËRS 2
Luister na HEBREËRS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 2:5-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's