Serubbabel, seun van Sealtiël, en Josua, die hoëpriester en seun van Jehosadak, en almal wat oor was van die volk, het geluister na die stem van die HERE hulle God en ag geslaan op die woorde van Haggai, die profeet, toe die HERE hulle God hom gestuur het. Die volk was bang vir die HERE, maar Haggai, die boodskapper van die HERE, het in opdrag van die HERE vir die volk gesê: “Ek is met julle! Dit is die uitspraak van die HERE.” Toe het die HERE Serubbabel, seun van Sealtiël en streekgoewerneur van Juda, en Josua, seun van Jehosadak en hoëpriester, en almal wat oor was van die volk, begeester. Hulle het begin om die werk aan die huis van die HERE, Heerser oor alle magte, hulle God, aan te pak. Dit het gebeur op die vier-en-twintigste dag van die sesde maand, in die tweede regeringsjaar van koning Darius.
Lees Haggai 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: Haggai 1:12-15
5 dae
Haggai se “kry dit gedoen”-houding dring ’n afgelei Israel aan om die tempel te laat herbou nadat hulle uit ballingskap teruggekeer het. Reis daagliks deur Haggai terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's