Hier volg die familiegeskiedenis van Esau, dit is Edom: Esau het sy vroue geneem uit die vroue van Kanaän –
Ada, die dogter van Elon, die Hetiet;
Oholibama, die dogter van Ana, die dogter van Sibon, 'n Hewiet;
Basemat, die dogter van Ismael, die suster van Nebajot.
Ada het Elifas vir Esau in die wêreld gebring, en Basemat het Reüel in die wêreld gebring. Oholibama het Jeüs, Jalam en Korag in die wêreld gebring. Dit is die seuns van Esau wat in die land Kanaän gebore is.
Esau het sy vroue, sy seuns en dogters en al die mense van sy huis geneem, ook sy vee, al sy ander diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän bekom het, en gegaan na 'n gebied weg van sy broer Jakob af. Hulle besittings was immers te veel om saam te kon woon. Vanweë hulle diere, kon die land waar hulle as •vreemdelinge gewoon het, hulle nie dra nie. Esau het in die Seïrberge gaan woon. Esau is Edom.
Hier volg dan die familiegeskiedenis van Esau, die stamvader van die Edomiete, in die Seïrberge. Dit was die name van Esau se seuns:
Elifas, die seun van Ada, Esau se vrou;
Reüel, die seun van Basemat, Esau se vrou.
Elifas se seuns was:
Teman, Omar, Sefo, Gatam en Kenas.
Timna was 'n byvrou van Elifas, die seun van Esau; sy het Amalek vir Elifas in die wêreld gebring.
Hulle was nakomelinge van Ada, Esau se vrou.
Dit was die seuns van Reüel:
Nagat, Serag, Samma en Missa.
Hulle was nakomelinge van Basemat, Esau se vrou.
Dit was die seuns van Oholibama, Esau se vrou en dogter van Ana, die dogter van Sibon:
Sy het Jeüs, Jalam en Korag vir Esau in die wêreld gebring.
Hier volg die stamhoofde van Esau se nageslag.
Die nageslag van Elifas, Esau se eersgeborene, was:
stamhoof Teman,
stamhoof Omar,
stamhoof Sefo,
stamhoof Kenas,
stamhoof Korag,
stamhoof Gatam,
en stamhoof Amalek.
Hulle was stamhoofde van Elifas in die land Edom. Dit was die nakomelinge van Ada.
Dit was die nakomelinge van Reüel, Esau se seun:
stamhoof Nagat,
stamhoof Serag,
stamhoof Samma,
en stamhoof Missa.
Hulle was stamhoofde van Reüel in die land Edom. Dit was die nakomelinge van Basemat, Esau se vrou.
Dit was die nakomelinge van Oholibama, Esau se vrou:
stamhoof Jeüs,
stamhoof Jalam,
en stamhoof Korag.
Dit was stamhoofde van Oholibama, Esau se vrou.
Dit was dan die nakomelinge van Esau – dit is Edom – en dit was hulle stamhoofde.