Genesis 3:8-10

Genesis 3:8-10 AFR20

Hulle hoor toe die geluid van die HERE God wat in die tuin rondstap in die middagkoelte. Die mens en sy vrou het vir die HERE God weggekruip tussen die bome van die tuin. Die HERE God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” Hy het geantwoord: “Ek het U in die tuin hoor beweeg, en ek was bang, want ek is naak; toe het ek weggekruip.”

Video for Genesis 3:8-10