Genesis 29:31-35

Genesis 29:31-35 AFR20

Die HERE het gesien dat Lea die nie-geliefde is, en Hy het haar moederskoot oopgemaak; maar Ragel was onvrugbaar. Lea het swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Sy het hom Ruben genoem, want sy het gesê: “Ja, die HERE het my ellende raakgesien, want nou sal my man my liefhê.” Sy het weer swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Toe sê sy: “Ja, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is, want Hy het my ook hierdie seun gegee.” En sy het hom Simeon genoem. Sy het weer swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Toe sê sy: “Uiteindelik sal my man hom nou by my aansluit, want ek het al vir hom drie seuns in die wêreld gebring.” Daarom het sy hom Levi genoem. Sy het weer swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Sy het gesê: “Hierdie keer sal ek die HERE prys.” Daarom het sy hom Juda genoem. Sy het toe opgehou om kinders in die wêreld te bring.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 29:31-35