GENESIS 29:31-35

GENESIS 29:31-35 NLV

Omdat Lea minder geliefd was, het die HERE vir haar kinders gegee, maar Ragel was kinderloos. Lea het swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring en hom Ruben genoem, “want,” het sy gesê, “die HERE het my verdriet gesien; dalk sal my man my nou liefhê.” Sy het weer swanger geword en nog ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Simeon genoem, “want,” het sy gesê, “die HERE het gehoor dat ek minder geliefd is. Daarom het Hy my nog ’n seun gegee.” Sy het nog ’n keer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Levi genoem, “want,” het sy gesê, “my man sal nou sekerlik aan my geheg raak omdat ek nou al vir hom drie seuns gegee het!” Sy het nog ’n keer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Juda genoem, “want,” het sy gesê, “nou sal ek die HERE prys!” Daarna het sy nie meer kinders gehad nie.

Video vir GENESIS 29:31-35

Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 29:31-35