Genesis 21:1-3

Genesis 21:1-3 AFR20

Die HERE het na Sara omgesien soos Hy gesê het, en die HERE het aan haar gedoen soos Hy beloof het. Sara het swanger geword en vir Abraham op sy oudag 'n seun in die wêreld gebring. Dit was op die bestemde tyd, soos God hom beloof het. Abraham het die seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom in die wêreld gebring het, Isak genoem.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 21:1-3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid