Genesis 17:3-6

Genesis 17:3-6 AFR20

Abram het neergeval met sy gesig teen die grond, en God het met hom gepraat: “Wat My betref, kyk, my verbond met jou is: Jy sal die vader van 'n menigte nasies word. Jy sal nie meer Abram genoem word nie. Jou naam sal Abraham wees, want vader van 'n menigte nasies maak Ek jou. Ek sal jou besonder vrugbaar maak en jou tot nasies maak. Konings sal uit jou voortkom.

Video vir Genesis 17:3-6