GENESIS 17:3-6
GENESIS 17:3-6 Die Boodskap (DB)
Terwyl God nog gepraat het, het Abram voor Hom neergeval. God het toe gesê: “Abram, dit is my deel van my ooreenkoms met jou: jy sal nog die pa van baie nasies en van ’n massa mense word. Ek dink baie aan hierdie belofte van My. “Ek gaan jou naam nou dadelik verander. Hulle sal jou nie meer Abram noem nie, maar Abraham, want Ek maak jou die pa van baie nasies.’ “Jou kinders sal baie kinders hê. Uit hulle sal groot nasies en belangrike konings kom.
GENESIS 17:3-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Abram het neergeval met sy gesig teen die grond, en God het met hom gepraat: “Wat My betref, kyk, my verbond met jou is: Jy sal die vader van 'n menigte nasies word. Jy sal nie meer Abram genoem word nie. Jou naam sal Abraham wees, want vader van 'n menigte nasies maak Ek jou. Ek sal jou besonder vrugbaar maak en jou tot nasies maak. Konings sal uit jou voortkom.
GENESIS 17:3-6 Bybel vir almal (ABA)
Abram het met sy gesig teen die grond gaan lê, en die Here het vir hom gesê: “Ek maak hierdie verbond met jou: Jy sal die voorvader wees van baie volke, en jou naam sal nie meer Abram wees nie. Jou naam sal nou Abraham wees, want Ek sal jou die voorvader van baie volke maak. Jy sal 'n baie groot nageslag hê. Jy sal die voorvader wees van baie volke en konings.
GENESIS 17:3-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van 'n menigte van nasies word. Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies. En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.
GENESIS 17:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Abram het op sy knieë geval, en toe sê God vir hom: “Dit is my verbond met jou: jy sal die vader wees van 'n menigte nasies; jy sal nie meer Abram genoem word nie, jou naam sal Abraham wees, want Ek maak jou die vader van baie nasies. Ek sal jou baie vrugbaar maak, Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.
GENESIS 17:3-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Abram het neergeval met sy gesig teen die grond, en God het met hom gepraat: “Wat My betref, kyk, my verbond met jou is: Jy sal die vader van 'n menigte nasies word. Jy sal nie meer Abram genoem word nie. Jou naam sal Abraham wees, want vader van 'n menigte nasies maak Ek jou. Ek sal jou besonder vrugbaar maak en jou tot nasies maak. Konings sal uit jou voortkom.
GENESIS 17:3-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Abram het op sy aangesig geval, en God het met hom gespreek en gesê: Wat my betref, kyk, my verbond is met jou, en jy sal 'n vader van baie nasies word. Jou naam sal ook nie meer Abram genoem word nie, maar jou naam sal Abraham wees; want 'n vader van baie nasies het Ek jou gemaak. Ek sal jou uitermate vrugbaar maak, en Ek sal jou nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.
GENESIS 17:3-6 Die Boodskap (DB)
Terwyl God nog gepraat het, het Abram voor Hom neergeval. God het toe gesê: “Abram, dit is my deel van my ooreenkoms met jou: jy sal nog die pa van baie nasies en van ’n massa mense word. Ek dink baie aan hierdie belofte van My. “Ek gaan jou naam nou dadelik verander. Hulle sal jou nie meer Abram noem nie, maar Abraham, want Ek maak jou die pa van baie nasies.’ “Jou kinders sal baie kinders hê. Uit hulle sal groot nasies en belangrike konings kom.
GENESIS 17:3-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe Abram dit hoor, val hy met sy gesig op die grond. God sê toe vir hom: “Dit is my verbond wat Ek met jou sluit: Jy sal die voorsaat wees van baie nasies. Ek verander jou naam. Jy sal nie meer Abram genoem word nie, maar jy sal as Abraham bekend staan, want jy sal die voorvader wees van baie nasies. Ek sal jou talle nasate gee wat uit baie nasies sal bestaan. Daar sal ook konings uit jou nageslag voortkom.