Genesis 13:1-4

Genesis 13:1-4 AFR20

Abram het uit Egipte na die Negev opgetrek, hy en sy vrou met alles wat aan hom behoort, en Lot saam met hom. Abram was 'n baie vermoënde man met vee, silwer en goud. Hy het van staanplek tot staanplek uit die Negev getrek tot by Bet-El, tot by die plek waar sy tent vroeër tussen Bet-El en Ai gestaan het, die plek van die altaar wat hy voorheen daar gebou het. Daar het Abram die Naam van die HERE aangeroep.

Video vir Genesis 13:1-4