Kus het Nimrod verwek. Hy het begin om as 'n maghebber op aarde op te tree. Hy was 'n dapper jagter voor die HERE. Daarom word daar gesê: “Soos Nimrod, 'n dapper jagter voor die HERE.” Die kern van sy ryk was Babel, Ereg, Akkad en Kalne in die land Sinar. Uit hierdie gebied het hy na Assur weggetrek en Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou, en ook Resen, tussen Nineve en Kalag – dit is die groot stad.
Egipte was die voorvader van die Ludeërs, die Anameërs, die Lehabeërs, die Naftugiete, en van die Patrosane en die Kaslugiete – uit wie die Filistyne voortgekom het – en van die Kaftorane.
Kanaän het Sidon verwek, sy eersgeborene, en ook Het, en was die voorvader van die Jebusiete, die •Amoriete, die Girgasiete, die Hewiete, die Eregiete, die Siniete, die Arwadters, die Semariërs en die mense van Hamat. Daarna het die grootfamilies van die Kanaäniete versprei, sodat die grondgebied van die Kanaäniete gestrek het van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, en in die rigting van Sodom en Gomorra, Adma en Sebojim tot by Lesa. Dit was dan Gam se nageslag, volgens hulle grootfamilies, met hulle eie tale, in hulle eie lande, volgens hulle nasies.