GENESIS 10:8-20
GENESIS 10:8-20 Die Boodskap (DB)
Kus was ook die pa van Nimrod, die eerste groot heerser op aarde. Die Here het hom as ’n uitstekende jagter beskou. Vandag nog praat die mense van ’n goeie jagter as iemand soos Nimrod wat deur die Here as ’n uitstekende jagter gesien is. Nimrod se magtige koninkryk het uit Babel, Erek, Akkad en Kalne bestaan, almal in Sinar geleë. Uit hierdie volke het die Assiriese Ryk gegroei. Nimrod het ook Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou asook Resen tussen Nineve en Kalag. Kalag was ’n groot stad. Uit Egipte het die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs en die Naftoagiete ontstaan. Dan was daar ook nog die Patrosane en Kaslugiete asook die Kaftorane, uit wie die Filistyne ontstaan het. Kanaän was die pa van Sidon, sy oudste seun, asook Het, die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete, Hewiete, Erekiete, Siniete, Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat. Later het die Kanaänitiese stamme in verskillende rigtings uitgebrei totdat die Kanaänitiese grense gestrek het van Sidon af tot by Gasa in die rigting van Gerar en tot by Lesa in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim. Hierdie is die nageslag van Gam, ingedeel volgens hulle stamme en volksgroepe, hulle tale en kulture en hulle landstreke.
GENESIS 10:8-20 Bybel vir almal (ABA)
Kus het ook 'n seun gehad, sy naam was Nimrod. Hy het 'n baie sterk en belangrike man geword. Hy was 'n goeie jagter. Die Here het hom so gemaak. Daarom, as iemand goed kan jag, dan sê die mense: “Hy is 'n goeie jagter, soos Nimrod.” Nimrod was eers die koning van die stede Babel, Erek, Akkad en Kalne in die land Babel. Hy het uit die land Babel na die land Assirië gegaan en hy het die stede Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou. Hy het ook die stad Resen tussen Nineve en Kalag gebou. Resen was 'n groot stad. Die mense van Egipte was die voorvaders van die Ludeërs, die Anammers, die Lehabeërs, die Naftoagiete, en die mense van die lande Patros, Kasluag en Kaftor. Die mense van Kasluag was die voorvaders van die Filistyne. Die mense van Kanaän was die voorvaders van die mense van die lande Sidon en Het. Sidon was die oudste. Kanaän was ook die voorvader van die Jebusiete, die Amoriete, die Girgasiete, die Hewiete, die Erekiete, die Siniete, die Arwadters, die Semariërs en die Hamatters. Later het Kanaän se families oral gaan woon. Die grense van hulle grond was van die land Sidon tot by die stad Gasa naby die stad Gerar, en tot by die stad Lesa naby die stede Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim. Al hierdie mense was die nageslag van Gam. Elke familie het sy eie taal gepraat en het in sy eie land gewoon. Hulle het verskillende volke geword.
GENESIS 10:8-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kus was ook die vader van Nimrod. Hý het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees. Hy was 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear. Uit hierdie land het hy getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag en Resen, tussen Ninevé en Kalag — dit is die groot stad. En Misráim was die vader van die Ludiete en Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete en die Patrusiete en Kasluhiete — waaruit die Filistyne voortgekom het — en Kaftoriete. En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete en die Hewiete en Arkiete en Siniete en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei. En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa. Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.
GENESIS 10:8-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde. Hy was 'n dapper jagter, ook in die oë van die Here. Daarom word daar gesê: “'n Dapper jagter in die oë van die Here, soos Nimrod.” Nimrod se koninkryk het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar. Van hier af het hy na Assirië toe gegaan en Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou, asook Resen tussen Nineve en Kalag. Resen was 'n groot stad. Uit Egipte weer het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete, Patrosane en die Kaslugiete uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane. Uit Kanaän het gekom Sidon wat as sy oudste seun geld, en verder Het, die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete, Hewiete, Erekiete, Siniete, Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat. Met verloop van tyd het die Kanaänitiese stamme versprei en het hulle grense gestrek van Sidon af tot by Gasa in die rigting van Gerar en tot by Lesa in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim. Hulle is almal die nageslag van Gam, met hulle eie stamme en tale in hulle eie lande en onder hulle eie nasies.
GENESIS 10:8-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kus het Nimrod verwek. Hy het begin om as 'n maghebber op aarde op te tree. Hy was 'n dapper jagter voor die HERE. Daarom word daar gesê: “Soos Nimrod, 'n dapper jagter voor die HERE.” Die kern van sy ryk was Babel, Ereg, Akkad en Kalne in die land Sinar. Uit hierdie gebied het hy na Assur weggetrek en Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou, en ook Resen, tussen Nineve en Kalag – dit is die groot stad. Egipte was die voorvader van die Ludeërs, die Anameërs, die Lehabeërs, die Naftugiete, en van die Patrosane en die Kaslugiete – uit wie die Filistyne voortgekom het – en van die Kaftorane. Kanaän het Sidon verwek, sy eersgeborene, en ook Het, en was die voorvader van die Jebusiete, die •Amoriete, die Girgasiete, die Hewiete, die Eregiete, die Siniete, die Arwadters, die Semariërs en die mense van Hamat. Daarna het die grootfamilies van die Kanaäniete versprei, sodat die grondgebied van die Kanaäniete gestrek het van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, en in die rigting van Sodom en Gomorra, Adma en Sebojim tot by Lesa. Dit was dan Gam se nageslag, volgens hulle grootfamilies, met hulle eie tale, in hulle eie lande, volgens hulle nasies.
GENESIS 10:8-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kus was die vader van Nimrod: hy het 'n magtige man op die aarde begin word. Hy was 'n magtige jagter voor die aangesig van die HERE; daarom word gesê: Net soos Nimrod, die magtige jagter voor die aangesig van die HERE. En die begin van sy koninkryk was Babel, Ereg, Akkad en Kalne in die land Sinear. Uit daardie land het Assur uitgegaan en Nineve gebou en die stad Rehobot en Kala, En Resen tussen Nineve en Kala: dit is 'n groot stad. Misraim was die vader van Ludiete, Anamiete, Lehabiete, Naftuhim, En Patrusiete en Kasluhim, waaruit die Filistyne gekom het, en Kaftoriete. Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het, die Jebusiete en die Amoriete en die Girgasiete, en die Hewiete en Arkiete en Siniete, en die Arwadiete en die Semariete en die Hamatiete, en daarna het die geslagte van die Kanaäniete uitgebrei. Die grens van die Kanaäniete was van Sidon af, terwyl jy by Gerar kom, tot by Gasa; soos jy gaan, na Sodom en Gomorra en Adma en Seboim, tot by Lasa. Dit is die seuns van Gam, volgens hulle geslagte, volgens hulle tale, in hulle lande en in hulle nasies.
GENESIS 10:8-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Een van Kus se nakomelinge was Nimrod, die eerste krygsman op aarde. Hy was ’n voortreflike jagter voor die HERE. Sy naam het soos ’n spreekwoord geword en mense het gesê: “Soos Nimrod, die beroemde jagter voor die HERE.” Met die stede Babel, Erek, Akkad en Kalne het hy die grondslag vir sy ryk in Sinar gelê. Daarvandaan het hy sy ryk na Assirië toe uitgebrei. Daar het hy Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou. Tussen Nineve en Kalag het hy ook Resen, wat ’n groot stad was, gebou. Egipte was die voorvader van die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete, Patrosane, Kaslugiete en Kaftoriete uit wie die Filistyne afgestam het. Kanaän se oudste seun was Sidon, die voorvader van die Sidoniërs. Kanaän was ook die voorvader van die Hetiete, Jebusiete, Amoriete, Girgasiete, Hewiete, Erekiete, Siniete, Arwadters, Semariërs en Hamatiete. Mettertyd het stamme van die Kanaäniete versprei en het die grense vanaf Sidon tot by Gasa gestrek op pad na Gerar toe en in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim, by Lesa. Dit was die nakomelinge van Gam, aangedui volgens hulle stamme, tale, onderskeie gebiede en nasies.