Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde. Hy was 'n dapper jagter, ook in die oë van die Here. Daarom word daar gesê: “'n Dapper jagter in die oë van die Here, soos Nimrod.” Nimrod se koninkryk het begin by Babel, Erek, Akkad en Kalne, almal in Sinar. Van hier af het hy na Assirië toe gegaan en Nineve, Regobot-Ir en Kalag gebou, asook Resen tussen Nineve en Kalag. Resen was 'n groot stad. Uit Egipte weer het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete, Patrosane en die Kaslugiete uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane. Uit Kanaän het gekom Sidon wat as sy oudste seun geld, en verder Het, die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete, Hewiete, Erekiete, Siniete, Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat. Met verloop van tyd het die Kanaänitiese stamme versprei en het hulle grense gestrek van Sidon af tot by Gasa in die rigting van Gerar en tot by Lesa in die rigting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebojim. Hulle is almal die nageslag van Gam, met hulle eie stamme en tale in hulle eie lande en onder hulle eie nasies.
Lees GENESIS 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 10:8-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's