Galasiërs 2:15-21

Galasiërs 2:15-21 AFR20

Ons is gebore Jode, en nie sondaars uit die heidene nie; en tog weet ons dat 'n mens nie op grond van die uitvoering van die wet geregverdig kon word nie, maar slegs deur die geloof in Jesus •Christus. Ook ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons regverdig verklaar kon word op grond van geloof in Christus, en nie op grond van die uitvoering van die wet nie; omdat geen mens op grond van die uitvoering van die wet geregverdig sal word nie. Maar as ons, deurdat ons versoek om in Christus geregverdig te word, ook self as sondaars bevind word, maak dit Christus 'n dienaar van die sonde? Hoegenaamd nie! Want as ek dit wat ek afgebreek het weer opbou, betoon ek myself daarmee as 'n oortreder. Inderdaad, deur die wet het ek die wet afgesterf, sodat ek vir God leef. Met Christus is ek gekruisig; ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my! Die lewe wat ek nou liggaamlik leef, leef ek in geloof, die geloof in die •Seun van God, wat my liefgehad en Homself vir my oorgegee het. Ek verwerp nie die genade van God nie; want as •vryspraak deur die wet kom, dan het Christus tevergeefs gesterf.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Galasiërs 2:15-21

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid