Eksodus 4:27-31

Eksodus 4:27-31 AFR20

Die HERE het vir Aäron gesê: “Gaan ontmoet Moses in die woestyn.” Hy het gegaan en op hom afgekom by die berg van God, en hom gesoen. Moses het Aäron ingelig oor al die woorde van die HERE, wat hom gestuur het, en oor al die tekens wat Hy hom beveel het. Moses en Aäron het toe gegaan en al die oudstes van die Israeliete byeengebring. Aäron het al die woorde wat die HERE vir Moses gesê het, herhaal. Moses het al die tekens voor die oë van die volk gedoen, en die volk het geglo. Toe hulle hoor dat die HERE aandag gee aan die Israeliete en dat Hy hulle ellende raakgesien het, het hulle gekniel en in aanbidding gebuig.

Video for Eksodus 4:27-31