Eksodus 27:13-16

Eksodus 27:13-16 AFR20

Die breedte van die binneplein aan die voorkant, die oostekant, moet vyftig el wees. Die behangsels langs die ingang moet vyftien el wees, met drie staanders en drie voetstukke. Aan die ander kant moet die behangsels vyftien el wees, met drie staanders en drie voetstukke. By die ingang van die binneplein moet daar 'n gordyn van twintig el wees, gemaak van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne – met die kundigheid van 'n borduurder – met vier staanders en vier voetstukke.

Video vir Eksodus 27:13-16