EKSODUS 27:13-16
EKSODUS 27:13-16 Bybel vir almal (ABA)
By die voorkant, die oostekant, moet die gordyne aan elke kant van die ingang 15 el breed wees, en daar moet drie pale en drie voetstukke wees. By die ingang moet daar 'n gordyn wees, 20 el lank. Julle moet die gordyn maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hierdie gordyn moet hang aan vier pale op vier voetstukke.
EKSODUS 27:13-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el — sodat daar vyftien el behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; en vir die poort van die voorhof 'n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.
EKSODUS 27:13-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die breedte van die voorhof aan die voorkant, die oostekant, moet ook vyf en twintig meter wees. Die gordyne aan die een kant hiervan moet sewe en 'n half meter breed wees, dit moet drie style en drie voetstukke hê, en aan die ander kant moet die gordyne ook sewe en 'n half meter breed wees met drie style en drie voetstukke. In die ingang van die voorhof moet daar 'n afskorting van tien meter wees. Dit moet van blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne wees, netjiese borduurwerk. Om dit te hang, moet daar ook nog vier style en vier voetstukke wees.
EKSODUS 27:13-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die breedte van die binneplein aan die voorkant, die oostekant, moet vyftig el wees. Die behangsels langs die ingang moet vyftien el wees, met drie staanders en drie voetstukke. Aan die ander kant moet die behangsels vyftien el wees, met drie staanders en drie voetstukke. By die ingang van die binneplein moet daar 'n gordyn van twintig el wees, gemaak van pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne – met die kundigheid van 'n borduurder – met vier staanders en vier voetstukke.
EKSODUS 27:13-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die breedte van die voorhof aan die oostekant na die ooste moet vyftig el wees. Die behangsels aan die een kant van die poort moet vyftien el wees: hulle pilare drie en hulle voetstukke drie. En aan die ander kant moet vyftien el behangsels wees: hulle pilare drie en hulle voetstukke drie. En vir die poort van die voorhof moet 'n behangsel wees van twintig el, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, met naaldwerk bewerk; en hulle pilare moet vier wees en hulle voetstukke vier.
EKSODUS 27:13-16 Die Boodskap (DB)
Aan die oostekant, die kant waar die son opkom, moet die binnehof ook 23 meter lank wees. Daar moet ’n opening daar wees, met tien meter muur aan elke kant van die ingang. Die linnemure aan al twee kante van die opening hang ook elkeen aan drie regop pale wat op voetstukke staan. Vir die ingang wat na die binnekant van die lapa loop, moet jy ’n gordyn maak uit geweefde linne met blou, pers en bloedrooi weefwerk en borduursel. Dit hang aan vier regop pale wat op voetstukke staan.
EKSODUS 27:13-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Aan die oostekant is die opening ook 23 meter lank. Die ingang na die binnehof kom aan die oostekant. Aan die regterkant van die opening is daar ’n linnegordyn van sewe en ’n half meter lank wat aan drie regop pale op hulle voetstukke hang. Die gordyn aan die linkerkant is ook van sewe en ’n half meter linne aan drie pale op hulle voetstukke. “Vir die ingang na die binnehof moet jy ’n afskorting van tien meter maak. Dit moet van linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef is. Dit moet ook geborduur wees. Dit hang aan vier regop pale op hulle voetstukke.