Eksodus 24:3-8

Eksodus 24:3-8 AFR20

Moses het gegaan en aan die volk al die woorde van die HERE, en al die bepalings oorgedra. Die hele volk het eenstemmig geantwoord en gesê: “Alles wat die HERE gesê het, sal ons doen.” Moses het al die woorde van die HERE neergeskryf. Hy het vroeg die oggend opgestaan en aan die voet van die berg 'n altaar opgerig en twaalf gedenkstene vir die twaalf stamme van Israel. Hy het jong manne uit die Israeliete gestuur, en hulle het •brandoffers geoffer, en vir die HERE bulle geslag as •maaltydoffers. Moses het die helfte van die bloed geneem en in bakke gegooi. Die ander helfte van die bloed het hy teen die altaar gesprinkel. Toe neem hy die Boekrol van die Verbond en lees dit duidelik hoorbaar aan die volk voor. Hulle het gesê: “Alles wat die HERE gesê het, sal ons doen en gehoorsaam.” Moses het toe die bloed geneem en dit oor die volk gesprinkel en gesê: “Kyk, dit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle sluit op grond van al hierdie woorde.”

Video for Eksodus 24:3-8

Gratis leesplanne en oordenkings oor Eksodus 24:3-8